1 Kronieke 10:9-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. Die Filistyne het hom ook gestroop, sy kop en sy wapens saamgevat en dié in die land van die Filistyne rondgestuur om die goeie nuus aan hulle afgode en hulle mense bekend te maak.

10. Daarna het hulle sy wapenrusting in hulle tempel gesit en sy kopbeen teen die Dagonstempel vasgeslaan.

11. Toe die mense van Jabes in Gilead hoor wat die Filistyne alles met Saul gedoen het,

12. het die weerbare manne almal gegaan en die lyk van Saul en dié van sy seuns na Jabes toe gebring. Hulle het hulle onder 'n groot boom in Jabes begrawe en daarna sewe dae lank gevas.

13. Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by 'n gees

14. in plaas van die Here te raadpleeg. Daarom het die Here hom doodgemaak en sy koningskap laat oorgaan op Dawid seun van Isai.

1 Kronieke 10