49. Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor.
50. Na Baäl-Ganan se dood is hy as koning opgevolg deur Hadar. Die naam van sy stad was Paü, en sy vrou se naam was Mehetabel dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.
51. Na Hadar se dood was daar egter stamhoofde aan die bewind in Edom: Timna, Alwa, Jetet,
52. Oholibama, Ela, Pinon,
53. Kenas, Teman, Mibsar,
54. Magdiël en Iram. Hulle was die stamhoofde van Edom.