1 Kronieke 1:44-49 Afrikaans 1983 (AFR83)

44. Na Bela se dood het Jobab seun van Serag, uit Bosra, hom as koning opgevolg.

45. Na Jobab se dood is hy as koning opgevolg deur Gusam, uit die land van die Temaniete.

46. Na Gusam se dood is hy as koning opgevolg deur Hadad seun van Bedad, wat vir Midian in die gebied van Moab verslaan het. Sy stad se naam was Awit.

47. Na Hadad se dood is hy as koning opgevolg deur Samla van Masreka.

48. Na Samla se dood is hy as koning opgevolg deur Saul van Regobot-aan-die-Rivier.

49. Na Saul se dood is hy as koning opgevolg deur Baäl-Ganan seun van Akbor.

1 Kronieke 1