1 Kronieke 1:33-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. en die seuns van Midian was Efa, Efer, Ganok, Abida en Eldaä. Hulle het almal uit Ketura voortgekom.

34. Abraham was ook die vader van Isak. Die seuns van Isak was Esau en Israel.

35. Die seuns van Esau was Elifas, Reüel, Jeüs, Jalam en Korag.

36. Die seuns van Elifas was Teman, Omar, Sefo, Gatam, Kenas, Timna en Amalek.

37. Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa.

1 Kronieke 1