1 Korintiërs 8:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. En nou julle vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is.Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.

2. As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat 'n mens behoort te hê nie.

3. Maar as iemand God liefhet, ken God hom.

4. Wat nou betref die eet van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een.

5. En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en baie wat “Here” genoem word,

6. is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe.

1 Korintiërs 8