1 Korintiërs 7:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Ek kom nou by die dinge waaroor julle aan my geskryf het.Dit is goed vir 'n man om sonder 'n vrou te lewe,

2. maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man.

3. Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man.

4. Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou.

1 Korintiërs 7