6. Maar gaan een gelowige nou met die ander hof toe, en dit voor ongelowige regters?
7. Eintlik is julle saak al klaar verlore, omdat julle hofsake met mekaar het. Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie?
8. In plaas daarvan pleeg julle onreg en doen ander te kort, en dit doen julle aan medegelowiges.
9. Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen
10. of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
11. En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.
12. Daar is mense wat sê:“Alles is my geoorloof.”Ja, maar nie alles is heilsaam nie.“Alles is my geoorloof,” sê hulle.Ja, maar ek gaan my nie deur enigietslaat verslaaf nie.
13. Hulle sê ook:“Kos is vir die maag,en die maag vir kos.”Goed, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. 'n Mens se liggaam is nie bedoel vir seksuele losbandigheid nie, maar is daar vir die Here, wat ook oor ons liggaam Here is.