1 Korintiërs 5:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Mens hoor werklik van onsedelikheid onder julle, en dan nogal onsedelikheid van so 'n aard as wat selfs onder die heidene nie voorkom nie, naamlik dat 'n man en sy stiefma as man en vrou saamleef.

2. En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het.

5. So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom.

6. Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat 'n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie?

7. Verwyder dan die ou suurdeeg, sodat julle nuwe, ongesuurde deeg kan wees, en dit is julle ook werklik. Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus.

8. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.

9. In die vorige brief het ek aan julle geskryf om nie met mense om te gaan wat in onsedelikheid leef nie.

10. Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodsdienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee.

11. Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself 'n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of 'n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie.

1 Korintiërs 5