1 Korintiërs 4:13-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. ons word beledig, en ons bly vriendelik.Ons het die uitvaagsels van die wêreld,die skuim van die samelewing geword,en dit is nou nog so.

14. Hierdie dinge skryf ek nie om julle skaam te maak nie, maar om julle as my geliefde kinders tereg te wys,

15. want al sou julle ook duisende leermeesters in Christus hê, baie vaders het julle nie. Deur die verkondiging van die evangelie is ek in Christus Jesus julle vader.

16. Daarom spoor ek julle aan: Volg my voorbeeld!

17. Om hierdie rede het ek Timoteus, my geliefde en getroue seun in die Here, na julle toe gestuur. Hy sal julle herinner aan my lewe en leer in Christus Jesus, waarin ek ook oral in elke gemeente onderrig gee.

18. Party van julle het gedink ek kom nie weer na julle toe nie en het hulle toe begin aanmatig.

19. Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, en dan sal ek self die verwaandes leer ken, nie volgens hulle praatjies nie, maar volgens wat hulle kan doen.

20. Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag.

21. Wat verkies julle? Moet ek met 'n slaanding na julle toe kom, of in liefde en in 'n gees van vriendelikheid?

1 Korintiërs 4