1 Korintiërs 16:20-24 Afrikaans 1983 (AFR83)

20. Al die broers stuur vir julle groete. Groet mekaar met die soen van Christelike broederskap.

21. Nou skryf ek met my eie hand: Groete, Paulus.

22. As iemand die Here nie liefhet nie — vervloek is hy! Marana ta — kom, Here!

23. Die genade van die Here Jesus sal by julle wees!

24. My liefde is by julle almal in Christus Jesus.

1 Korintiërs 16