18. Kyk maar hoe is dit by die Joodse volk. Kom daar dan nie gemeenskap tot stand tussen die offeraltaar en dié wat die offers eet nie?
19. Wat wil ek hiermee sê? Dat 'n afgodsoffer of 'n afgod enige betekenis het?
20. Nee, maar dat dié wat aan hulle offer, aan bose geeste offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê julle moet met bose geeste gemeenskap hou nie.
21. Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van bose geeste nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van bose geeste nie.
22. Of wil ons die Here uittart? Is ons miskien sterker as Hy?