7. Toe sê sy vrou Isebel vir hom: “Jy is mos die een wat oor Israel regeer! Gaan eet nou en moet jou nie bekommer nie. Ék sal die wingerd van Nabot die Jisreëliet vir jou gee.”
8. Sy skryf toe briewe in die naam van Agab en sit sy seëlafdruk daarop, en sy stuur die briewe aan die leiers en die ampsdraers van Nabot se stad.
9. Sy het geskryf:“Kondig 'n vasdag aan en laat Nabot heel voor in die vergadering sit.
10. Laat twee gewetelose manne teenoor hom sit en laat hulle teen hom getuig: ‘Jy het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning.’ Vat hom dan uit en gooi hom met klippe dood.”
11. Die leiers en die ampsdraers in Nabot se stad het toe gedoen soos Isebel hulle beveel het in die briewe wat sy aan hulle gestuur het.