1 Konings 15:33-34 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. Baesa seun van Agija het koning geword oor die hele Israel in die derde regeringsjaar van koning Asa van Juda en vier en twintig jaar in Tirsa geregeer.

34. Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het die pad van Jerobeam geloop en dieselfde sonde gedoen as dié waarmee Jerobeam vir Israel laat sondig het.

1 Konings 15