1 Konings 1:21-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

21. Moet ek en my seun Salomo dan, nadat u in u graf gelê is, as misdadigers behandel word?”

22. Terwyl sy nog met die koning praat, kom die profeet Natan daar aan.

23. Iemand sê toe vir die koning: “Hier is die profeet Natan.”Natan kom toe nader en buig diep voor die koning

24. en sê: “U Majesteit, het u ooit gesê Adonia moet ná u koning wees en dit is hy wat op u troon moet sit?

25. Hy het vandag gegaan en 'n klomp beeste en kalwers en skape geslag, en hy het al die prinse en die leërhoofde en die priester Abjatar genooi. Hulle eet en drink daar saam met hom en hulle roep: ‘Lank lewe koning Adonia!’

26. Maar vir my en die priester Sadok en Benaja seun van Jojada, en Salomo het hulle nie genooi nie.

27. As hierdie optrede met u toestemming plaasvind, dan het u ons nie ingelig oor wie ná u op u troon moet sit nie.”

28. Toe sê koning Dawid: “Roep vir Batseba hier na my toe.”Sy het nader gekom en voor die koning gaan staan.

29. Toe lê die koning 'n eed af en sê: “So seker as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het:

30. soos ek vir jou met 'n eed voor die Here die God van Israel bevestig het dat jou seun Salomo ná my koning sal word, en dat hy in my plek op die troon sal sit, so doen ek dit nou weer.”

31. Batseba het voor die koning gekniel en gebuig en sy het gesê: “Mag koning Dawid baie lank lewe.”

32. Toe gee koning Dawid opdrag: “Gaan roep vir my die priester Sadok en die profeet Natan en Benaja seun van Jojada.”Toe hulle by die koning kom,

33. sê hy vir hulle: “Vat my lyfwagte saam met julle en laat my seun Salomo op my eie muil ry. Vat vir Salomo na die Gihonfontein toe

1 Konings 1