1 Konings 1:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Koning Dawid was al baie oud en selfs as hulle hom goed toegemaak het, het hy nie warm geword nie.

2. Sy amptenare sê toe vir hom: “Laat hulle vir U Majesteit 'n jongmeisie soek wat u kan bedien en oppas. Sy kan by u slaap, sodat u weer warm kan word.”

3. Nadat hulle deur die hele gebied van Israel gaan soek het na 'n mooi meisie, het hulle vir Abisag, 'n meisie uit Sunem, gekry en haar na die koning toe gebring.

1 Konings 1