7. en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense ’n verstandelose jongman opgemerk,
8. wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
9. in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
10. En kyk, daar kom ’n vrou hom tegemoet, soos ’n hoer aangetrek en listig van hart —
11. sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie —
12. nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
13. En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
14. Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
15. daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.