Spreuke 7:1-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. MY seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;

2. onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;

3. bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.

4. Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,

5. sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.

Spreuke 7