Spreuke 31:10-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Alef. Wie sal ’n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.

11. Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

12. Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.

13. Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.

Spreuke 31