Spreuke 30:23-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

23. onder ’n nie-geliefde as sy tog ’n man kry, en ’n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

24. Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:

25. die miere is nie ’n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;

26. die klipdassies is nie ’n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;

27. die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;

28. die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.

29. Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:

30. die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;

31. die dier met gespierde heupe, of die bok, en ’n koning met die troepemag by hom.

32. As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het — die hand op die mond!

33. Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.

Spreuke 30