Spreuke 3:24-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

25. Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

26. want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

27. Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

Spreuke 3