Spreuke 3:17-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

17. sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.

18. Dit is ’n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.

19. Die Here het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;

20. deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21. My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,

22. dan sal dit die lewe wees vir jou siel en ’n versiersel vir jou hals;

23. dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;

24. as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.

25. Jy hoef nie bang te wees vir ’n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;

26. want die Here sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.

27. Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.

28. Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee — terwyl jy dit het.

Spreuke 3