Spreuke 27:2-5 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

2. Laat ’n ander jou prys en nie jou eie mond nie; ’n vreemde, en nie jou eie lippe nie.

3. Swaar is ’n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor ’n sot is swaarder as altwee.

4. Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?

5. Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.

Spreuke 27