13. Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan; en neem hom as pand vir ’n onbekende.
14. Wie vroeg in die môre sy naaste met ’n harde stem ’n seën toeroep, dit sal hom as ’n vloek aangereken word.
15. ’n Aanhoudende gedrup op die dag van ’n stortreën en ’n twisgierige vrou is net eenders.
16. Wie haar wil teëhou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
17. Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
18. Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
19. Soos in die water aangesig teenoor aangesig is, so is die hart van die mens teenoor die mens.
20. Die doderyk en die plek van vertering word nie versadig nie; so word die oë van ’n mens nie versadig nie.
21. Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is ’n man volgens die roem wat hy geniet.
22. Al stamp jy die sot in ’n stampblok tussen graankorrels met ’n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
23. Gee noukeurig ag op die voorkoms van jou skape, rig jou aandag op die troppe vee;