Spreuke 26:25-28 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

25. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.

26. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.

27. Wie ’n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ’n klip rol, dit sal na hom terugkom.

28. ’n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en ’n gladde mond bewerk ondergang.

Spreuke 26