24. Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! — die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
25. Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
26. Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
27. Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
28. Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
29. Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen — ek sal die man vergelde na sy werk.
30. Ek het by die land van ’n lui man verbygeloop en langs die wingerd van ’n verstandelose mens,
31. en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
32. En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
33. Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus;
34. dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos ’n gewapende man.