19. Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
20. Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
21. My seun, vrees die Here en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
22. Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
23. Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
24. Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! — die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
25. Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
26. Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
27. Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
28. Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?