1. WEES nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
2. Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
3. Deur wysheid word ’n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
4. en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
5. ’n Wyse man is sterk, en ’n man van kennis ontwikkel krag.
6. Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
7. Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
8. Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word ’n skelm genoem.