Spreuke 23:24-27 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

24. Die vader van ’n regverdige juig baie; en as iemand ’n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

25. Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

26. My seun, gee my jou hart, en laat jou oë ’n welgevalle hê in my weë.

27. Want ’n hoer is ’n diep kuil, en ’n ontugtige vrou is ’n nou put.

Spreuke 23