Spreuke 23:16-25 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

16. En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

17. Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die Here.

18. Waarlik, daar is ’n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

19. Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.

20. Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

21. Want ’n drinker en ’n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

22. Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

23. Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

24. Die vader van ’n regverdige juig baie; en as iemand ’n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

25. Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

Spreuke 23