Spreuke 23:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.

13. Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

14. Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

15. My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

16. En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

17. Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die Here.

Spreuke 23