Spreuke 2:8-13 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

8. deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

9. dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.

10. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11. oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

12. om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13. van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

Spreuke 2