Spreuke 2:7-14 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ’n skild vir die wat regskape wandel

8. deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

9. dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid — elke goeie pad.

10. Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

11. oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

12. om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13. van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

14. die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

Spreuke 2