18. want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
19. almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
20. sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
21. want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
22. maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.