Spreuke 2:12-17 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

12. om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

13. van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

14. die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

15. van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

16. om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei

17. (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

Spreuke 2