Spreuke 18:5-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

5. Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.

6. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.

7. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe ’n strik vir sy lewe.

8. Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.

9. Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ’n broer van ’n verwoester.

10. Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

11. Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy verbeelding.

Spreuke 18