Spreuke 18:10-18 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

10. Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.

11. Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos ’n steil muur in sy verbeelding.

12. Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.

13. Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit ’n sotheid en ’n skande wees.

14. Die gees van ’n man ondersteun hom in sy krankheid; maar ’n verslae gees — wie kan dit opbeur?

15. Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.

16. Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.

17. Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.

18. Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.

Spreuke 18