Spreuke 15:20-23 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

20. ’n Wyse seun verbly sy vader, maar ’n dwase mens verag sy moeder.

21. Sotheid is ’n vreugde vir die verstandelose, maar ’n man van verstand wandel reguit.

22. Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.

23. ’n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is ’n woord op sy tyd!

Spreuke 15