Spreuke 14:31-33 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

31. Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.

32. In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind ’n toevlug by sy dood.

33. Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.

Spreuke 14