Spreuke 14:3-8 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

3. In die mond van die sot is ’n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

4. Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

5. ’n Betroubare getuie lieg nie, maar ’n valse getuie strooi leuens uit.

6. Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

7. Gaan weg voor ’n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

8. Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

Spreuke 14