Spreuke 14:1-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.

2. Wie in sy opregtheid wandel, vrees die Here; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.

3. In die mond van die sot is ’n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.

4. Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.

5. ’n Betroubare getuie lieg nie, maar ’n valse getuie strooi leuens uit.

6. Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.

7. Gaan weg voor ’n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.

8. Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.

9. Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.

Spreuke 14