Spreuke 1:28-31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

28. Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie.

29. Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die Here nie verkies het nie,

30. van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het,

31. daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne.

Spreuke 1