Spreuke 1:13-24 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

13. allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit;

14. jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê —

15. my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad;

16. want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet;

17. want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls:

18. so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor.

19. So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe.

20. DIE Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine,

21. op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde:

22. Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat?

23. Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak.

24. Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie,

Spreuke 1