1. DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,
2. om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,
3. om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;
4. om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;
5. laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,
6. om ’n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.