Spreuke 1:1-11 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. DIE spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel,

2. om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan,

3. om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

4. om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg;

5. laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry,

6. om ’n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.

7. DIE vrees van die Here is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.

8. My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;

9. want dit is ’n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.

10. My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;

11. as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak,

Spreuke 1