Sagaría 7:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN in die vierde jaar van koning Daríus het die woord van die Here tot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, in die maand Kislew.

2. Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van die Here om genade te smeek

3. deur aan die priesters wat by die huis van die Here van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?

Sagaría 7