Sagaría 6:1-6 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. EN ek het weer my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.

2. Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,

3. en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.

4. Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5. En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.

6. Dié met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.

Sagaría 6