Rut 4:7-9 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

7. En dít was vroeër in Israel die gebruik by lossing en by ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was dan die bekragtiging in Israel.

8. Daarom het die losser vir Boas gesê: Koop dit vir jou; en hy het sy skoen uitgetrek.

9. Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Eliméleg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naómi koop.

Rut 4