12. En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het — uit die nageslag wat die Here jou uit hierdie jong vrou sal gee!
13. So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die Here het vir haar swangerskap gegee, en sy het ’n seun gebaar.
14. Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die Here wat aan jou vandag ’n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!
15. Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.