4. Maar as hy gaan slaap, let dan op die plek waar hy gaan slaap; kom dan nader, maak sy voetenent oop en gaan lê; en hy sal jou te kenne gee wat jy moet doen.
5. En sy antwoord haar: Alles wat u sê, sal ek doen.
6. Daarop het sy afgegaan na die vloer en gedoen net soos haar skoonmoeder haar beveel het.
7. Nadat Boas geëet en gedrink het, en sy hart vrolik was, en hy gaan slaap het by die ent van die hoop, het sy stilletjies gekom en sy voetenent oopgemaak en gaan lê.
8. En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en — daar lê ’n vrou aan sy voetenent.
9. En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser.
10. En hy sê: Geseënd is jy deur die Here, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
11. Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy ’n deugsame vrou is.
12. Nou dan, dit is sekerlik waar dat ek die losser is, maar daar is nog ’n losser, nader as ek.