Rut 3:1-3 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

1. TOE sê haar skoonmoeder Naómi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou ’n rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie?

2. Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy gewees het, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

3. Was jou dan en salf jou en trek jou klere aan, en gaan af na die vloer toe; laat jou deur die man nie herken totdat hy klaar geëet en gedrink het nie.

Rut 3